SENOR LEWENSERVARING				
			
			
				
Sunrise View Aftreeoord
 
							
							
					Toegewyd aan die lewering van die beste senior lewenservaring.
Die Sunrise View Aftree-oord is geleë in die gewilde Rietvalleirand-omgewing en is naby winkelsentrums, kerke, hospitale en die R21- en N1- snelweë.
Die Oord het ‘n parkagtige omgewing met baie oop ruimtes en paaie waar daar veilig gestap kan word. ‘n Dubbele veiligheidsheining omhein die oord en veiligheidswagte is 24 uur aan diens. U kan hier u aftreejare saam met vriende in ‘n lieflike en veilige omgewing geniet.